EN HOOR JY DIE MAGTIGE DREUNING………Die Saamtrek by Vereeniging
Ek is vanoggend Gelei om hierdie aan u- my volksgenote en dié wat hulle as sodanig beskou- te skryf.
Ons is soos ons Voortrekker-voorouers in nóú ,benouende tye. Ons is opsoek in sekerlik die donkerste tyd van ons bestaan.,na ‘n heenkome vir ons en kinders. Nie net hier plaaslik nie maar ook uit Donker Afrika, hoor ons die rammelings van oorlogstromme om die Witman in Suid-Afrika as ‘n vreemdeling te beskou. In plaas van “vreemdelinge-haat”teenoor ander swart-Afrikaners, word die swart massas deur agitators aangemoedig om dit nou teen die Witmense in Suid-Afrika uit te giet. Koud, kil en klinies. En die gevolge sal nie uitbly nie. Onthou die gesigte van Siener van Rensburg!
So was dit ook in 1838. Al hoop wat daar vir ons oorbly is die onstuitbare Ktag van Bo en van binne!
In dié tydsgewrig vind die verootmoediging voor ons Skepper en die herdenking van die “Vernedering” van Vereeniging, te Vereeniging plaas. Die getalle sal nie saakmaak nie. Die eensgesindheid wel! Soos in die laer by Bloedrivier in 1838. Die verdelingsfaktore was in daardie Laer buite en die eengesindheid in Sy Almag binne.
By Vereeniging, Sondag, gaan ons om te aanbid. Nie om godsdienstige verskille en opinies te lig en mekaar die kakebeen te breek nie. Daar is mense onder ons wat name en sieninge wil verhef; twiste oor name aanlê oor hoe en wat Sy naam moet wees. Dan gaan dit oor ‘n siening. Nie oor die Almag van ons Skepper nie.
Ons Boerevolk ken hierdie verdeeldheid vanaf ons vroegste tye. Ons het immers as Protestante uit Europa padgegee oor ons geloof. Daarna het die Satan dit begin gebruik om ons uitmekaar te dryf.
Op die grootpad na Bloedrivier was daar net so getwis oor wie mag preek en wie nie. Of iemand mag preek wat nie ‘n predikant is of nie.
Met die totstandkoming van die ZAR is daar net so getwis oor wie reg en wie verkeerd is. Watter Kerk moet die Staatskerk wees en aan watter Kerk jy moet behoort om ‘n Volksverteenwoordiger te wees. Of daar net psalms gesing moet word of kan gesange ook gesing word. Hieraan het predikante lustig en listig deelgeneem. Trouens die bewind van president T.F. Butgers- self ‘n predikant- is uitmekaar geskinder deur predikante en sogenaamde “gelowiges,” wat selfs dit teen Burgers gehou het omdat hy sou gesê het dat die Duiwel nie ‘n stert het nie!
Dié verdeeldheid was een van die kernoorsake van die Anneksasie van Transvaal in 1877.
Maar by Bloedrivier in die laer was daar geen twis en geen predikant of Kerk nie. Die twis was buite. Binne net die bewustheid van “Uit dieptes gans verlore en redding vér vandaan.” Net die bewustheid dat Sy Almagtige Reddende Hand, ons enigste uitweg is.
Só was dit by Bloedrivier en só sal dit by Vereeniging wees as ons die verdelingsfaktore buite die laer sal laat en die Mantel van ons Meester, uit radeloosheid en verslaentheid sal aanraak.
Aan u, ons voormanne by Vereeniging- Die taak wat op u skouers rus is ‘n ontsaglike taak. Mag Sy seën swaar op u rus en mag u die leiding vind om te doen wat u hand vind om te doen. In Sy Almag sal onse Vader die res doen.
Ek sal in beskeidenheid in die gees met u wees. Ek is binnekort 78 jaar oud en my gesondheid lê my erg aan bande. In my lewe het ek groot en Barmhartige dinge met hierdie volk sien gebeur. Ek sien weer ‘n nuwe toekoms oopgaan vir hierdie “ellendige klein volkie” wanneer ons eensgesindheid in nederigheid najaag.
My bede is dat ons volk u op Sondag sal toestroom. Ons gaan wen want ons wil wen! Daarmee is ons in Sy hande!
Piet Rudolph: ‘n mede- Boerereublikein.
e/pos piet.rudolph@gmail.com